No story here.

Just a photo of one of the most common animals in Etosha National Park grazing away.

©Mariette du Toit, 2018 Zebra in Etosha National Park

Vandag is hier nie ‘n storie nie. Net twee sebras wat rustig eet aan gras in die Etosha Nationale Park… en hoewel dit die mees algemeenste dier in Etosha is, kan ek net nie ophou foto’s neem van hulle nie!

Sea gulls have a way to annoy me. Just like certain humans don’t gel with me, sea gulls don’t gel with me. They can’t help it I suppose. Born loud and all over the show, robbers of the first degree and bullies to beat. That is how they survive, and that is the way it always will be.

Generally I won’t even bother taking photos of them. But this gull, just sitting there, grabbed my attention and I took a quick snap shot of him. It turned out to be the one I pretty much-loved.

© Mariette du Toit, 2019, Sea Gulls at Walvis Bay

Ek hou nie see meeue nie. Hulle skaaf teen my grein soos ‘n korreltjie sand onder die oog se lid. Net soos seker mense onder my vel inklim, is see meeue ook net te veel vir my.

Hulle kan dit seker nie help nie. Van nature lawaaierig, die hele plek vol, boellies en bo-baas kos stelers. Dis hoe hulle oorleef. Dis hoe dit was en dit is hoe dit sal wees.

Maar hierdie een wat so eenkant, stil gesit het, het my oog gevang. Ek sal nie gewoonlik my tyd mors om hulle af te neem nie, maar hierdie foto is vinnig besig om een van my gunstelinge te word.

 

This is another photo taken on the morning that I struggled to get enough contrast between the sky and rocks. So I started moving around hoping for the best.

Here the sun just broke through the clouds as I closed in on the main Epupa Falls.

©Mariette du Toit, 2018 – Epupa Falls

Hierdie is nog een van die foto’s geneem op die oggend wat ek gesukkel het met kotras. Die wolke het gemaak dat die lig baie sag is – ideaal vir familie portrette, maar nie vir dit wat ek ingedagte gehad het nie.

Hier het die son net deurgebreuk toe ek naby die hoof Epupa valle self gekom het.

I have been after this little bugger for a very long time and I have to say, the joy was great when I finally found it sitting peacefully on a Makalani Palm branch.

You know how you will have the perfect bird shot, but you either don’t have your camera with you or you have the wrong lens on. That happens to me sooooo often! But on this day, I was sneaking around taking photos of the staff at work, so I was equipped with all the right equipment. Success!!

© Mariette du Toit, 2019 Epupa Falls – Rufous-tailed Palm Thrush

Ek is al baie lank opsoek na ‘n foto van hierdie karaktertjie – juis omdat hulle net in Epupa voorkom, maar op hierdie dag het ek hierdie Rooistertmorelyster rustig op ‘n Makalani Palm se tak gevind – min gepla met hierdie mens wat so stil-stil nader gesluip het.

Enige iemand wat graag foto’s neem sal weet dat daar niks so frustrerend is as om die perfekte foto voor jou geestesoog te sien en of nie jou kamera byderhand te hê nie of die verkeerde lens op te hê. Op hierdie spesifieke dag het ek rond gesluip om die lodge se werksmense af te neem en het dus my paparazzi lens opgehad. Sukses!!

rufous-tailed-palm-thrush_mariette-du-toit

Epupa Falls

We all have a special place that we use to heal. To become human again. I have two such places. This is one of them.

It was still dark when I made my way from our room, stumbling along the way to the “designated” spot for photography. The cloud cover was thick and heavy. The humidity clung to my skin as I walked on.

Arriving at the spot I realised that the sunrise I was hoping on, wasn’t going to happen. The clouds were just too thick to the east. So I got down on my bum and enjoyed my morning coffee while playing a bit with my camera settings. Eventually I gave up and headed back. This is one of the photos that I took while playing with my camera.

It taught me a valuable lesson that I sometimes tend to forget. It is always worth getting up in the morning, no matter how dark that cloud. Always.

©Mariette du Toit, 2019, Epupa Falls

Elke mens het ‘n plek waar hy weer heel kan raak. Mens kan word. Ek het twee sulke plekke. Hierdie is een van hulle.

Dit was nog skemer toe ek my pad uit ons kamer moes vind om die stappie aan te pak na die plek waarvandaan ek hierdie foto wou neem. Die wolke was dig en toegetrek wat dit nog donkerder gemaak het. Dit was bedompig en dit het gevoel of ek in my eie sweet stap.

By my plekkie aangekom, het ek gou die situasie bereken – daar sou nie vanoggend ‘n sonsopkoms wees nie. Die wolke was net te dig. Ek stel maar toe my kamera op, skink my ou koffietjie en begin wag. Toe die lig verkleur het ek maar so hier en daar geneem en met my kamera gespeel. Wat anders moes ek doen – ek het nou al die pad gestap. Hierdie was een van my “speel” foto’s. Dit het my net weer laat besef – elke oggend is die moeite werd om op te staan. Maak nie saak hoe donker daai wolk nie.