I wonder how much there is under the deep waters of the ocean that we have never seen or heard about? When I was a child, the Loch Ness Monster (Nessie) fascinated me. Today I’m more interested in the lurking secrets of the ocean. What I wouldn’t give to have a peek at the undiscovered wonders.

©Mariette du Toit, 2018, Skeleton Coast

Ek wonder hoeveel dinge daar diep onder die water is, waarvan ons nog nooit gehoor het nie, of nog nooit gesien het. Toe ek jonger was, het die Loch Ness Monster my totaal en al fassineer. Maar vandag wonder ek oor die monsters in die see – wat is daar wat ons nog nooit gesien het nie. Wat ek sou gee om te kon uitvind…

And since we started yesterday with the dead… (shipwrecks), let’s continue with this shot..

I found this skull while busy with a family photo session on the beach between Henties and Jakkalsputz. Not sure what it is, but someone suggested dog or jackal?

Life in the desert is not easy.

©Mariette du Toit, 2018 – Skull

Ons bly by die dooies hierdie naweek. Was darem nie beplan nie, het net so uitgewerk.

Amper op hierdie skedeltjie getrap tydens ‘n familie-foto sessie tussen Henties en Jakkalsputz. Iemand het voorgestel dis dalk ‘n jakkals of ‘n hondjie wat dit nie gemaak het nie. Ek is nou nie ‘n kenner nie, maar ‘n skedel is dit beslis.

Heerlike Sondag almal!

Shipwrecks

The Namibian coast is famous for them and we as humans find them fascinating. Books are constantly written about them (both fact and fiction), movies are made about them (“Promise me you’ll survive. That you won’t give up, no matter what happens. No matter how hopeless.” —Jack)  and National Geographic constantly develops new technology to excavate these sunken legends.

Ships are made by humans. To humans. A shipwreck is a sign of human failure. We failed against the forces greater than us – nature and ourselves.

But nature doesn’t leave anything unused. A ship will quickly be invaded by a dozen curious fish, looking for a new home. A wreck on the beach will quickly become the home of a flock of birds. Long after we have forgotten about our mistakes, nature will still relish in them.

©Mariëtte du Toit, 2018, The Wreck

Skeepswrakke

Die kus van Namibië het genoeg van hulle. Van hulle diep gesink onder water, ander diep onder die eindelose duine sand gebêre. Maak nie saak waar hulle is nie – skeepswrakke het die mens nog altyd gefassineer.

Ek lees nou die dag ‘n fiksie boek wat afspeel aan Namibië se Skedelkus en dan nou handel oor so ‘n skattejag vir so ‘n skeep wat iewers onder die duine begrawe is met ‘n sakkie vol diamante. En dan praat ons nie eers van die alombekende Titanic nie. Die mens kan net nie genoeg kry van skeepswrakke nie.

Vir my was ‘n skeepswrak nog altyd ‘n teken van die mens se feilbaarheid. Hier het ons iets, geskep deur die mens, vir die mens, wat dit nie gemaak het nie. ‘n Skeepswrak word baie vinnig deur die natuur weer oorgeneem – al ooit gesien hoe vinnig die visse dit begin verken en dit hulle sin maak? Of voëls wat die maste van ‘n ou wrak aan die kus sien as ideale nes-skrop plek?

Niks is onbruikbaar in die natuur nie. Al het die mens dit lankal afgeskryf.