I wonder how much there is under the deep waters of the ocean that we have never seen or heard about? When I was a child, the Loch Ness Monster (Nessie) fascinated me. Today I’m more interested in the lurking secrets of the ocean. What I wouldn’t give to have a peek at the undiscovered wonders.

©Mariette du Toit, 2018, Skeleton Coast

Ek wonder hoeveel dinge daar diep onder die water is, waarvan ons nog nooit gehoor het nie, of nog nooit gesien het. Toe ek jonger was, het die Loch Ness Monster my totaal en al fassineer. Maar vandag wonder ek oor die monsters in die see – wat is daar wat ons nog nooit gesien het nie. Wat ek sou gee om te kon uitvind…

I had a family shoot on the beach, but they were running late as one of the kids got car sick on the way there. Oh, the life of a family photographer. Normally I would be bored, but not on this morning.

I had a shot in mind, so I got out of my car, shivering from the cool mist moving over the coastal line. Armed with a cup of coffee, I set up my tripod and started shooting.

I tried a multiple amount of angles, settings.. but I think of all the shots I took, I like this one best.

I called it “breathing” as it reminds me of the reaction my warm breath has with the ice-cold air in winter.

©Mariette du Toit, 2018, Vierkant Klip, Swakopmund

Alleen, vroeg op die strand – aan die wag vir ‘n familie vir ‘n hul foto sessie. Een van die kinders het motor-siek geword en het my dus verplig om te wag.

Gewoonlik sou ek redelik frustreerd wees dat ek my boek vergeet het, maar hierdie oggend het ek ‘n foto in gedagte gehad en het dus met my Stanley onder die arm uit die motor geklim, die koue liggie embrace en my driebeen begin opstel.

Na ‘n hele klomp hoeke en verstellings het ek op hierdie een besbluit. Dis “breathing” of “asem” genoem omdat dit my herhinner aan die wolkies wat mens blaas op ‘n yskoue oggend.

As a child I often dreamed of being able to fly. Not with a drone or a plain, but like a bird. Quietly slicing through the air. Not in a mad dash like the song-bird, or heavy and unplanned like the pelican. More gracious and at ease like the eagle or even the swift.

I think I would have liked it.

©Mariette du Toit, 2019, Walvisbay

Om te kan vlieg

As kind het ek dikwels gewonder hoe dit sou voel as ek sou kon vlieg. Nie vinnig en haastig soos ‘n mossie oppad na kos toe nie. Ook nie lomp en in almal se pad soos ‘n pelikaan nie. Eerder soos ‘n arend of ‘n swaeltjie wat so sweef-sweef oor ons gly. Hoe stil moet dit nie wees daarbo nie? Tyd om te dink en die lewe te bepeins…

Ek dink ek sou nogal daarvan kon hou.

 

I love these boat cruises as it offers the chance to get closer to what our mere folks without fins and feathers will never see. Birds, whales, fish that otherwise will not be easy to spot or photograph. It is for this reason that I will take our boy onto these cruises for years to come as I still prefer the wild to anything in a cage or pool. But the environmentalist in me cannot help but wonder if all these things we do to attract the wild is good for the wild? And do we do it to help the wild or to attract people?

Food for thought but something we’ll have to think about before it is too late.

Boat leaving the Walvisbay Harbour, 2018

My liefde vir bote en hierdie boot trippies het ek al deurgegee omdat dit ons as mens die kans gun om naby aan vis en voël te kom wat ons nooit anders sou kon nie. Ons kan nou die sonvis, walvis en pikkewyn afneem sonder om hul te veel te steur en dit soms van baie naby. Ek sal sover moontlik ons seuntjie op hierdie bote vat om dit ook te beleef vir solank, want om ‘n dier so in die natuur te sien bly beter as om een in ‘n hok of groot swembad te sien. Maar soms wonder ek of ons die wild en natuur ‘n guns doen om hul so te voer? En doen ons dit vir hul onthalwe of om mense te vermaak? Wat is die lang termyn gevolge van dit?

Iets om oor na te dink as ons die volgende keer op die boot gaan en hierdie prag foto’s neem.

 

It is not often that I get so close to a wild pelican that I am too close to get the whole bird into the frame. But in this case, I did not complain. Just look at the beautiful colours on this particular pelican.

Walvisbay, Namibia on a boat cruise with Catamaran Charters.

Dis nie aldag dat ek so naby aan my gunsteling voël kom dat die hele voël nie op my kamera pas nie. Wat nou gemaak? Fokus maar op die gedeeldte wat nogal ‘n hand lelik kan bykom as jy sou wou. Hoe mooi is hierdie snawel nie?

© Mariette du Toit, 2018