I wonder how much there is under the deep waters of the ocean that we have never seen or heard about? When I was a child, the Loch Ness Monster (Nessie) fascinated me. Today I’m more interested in the lurking secrets of the ocean. What I wouldn’t give to have a peek at the undiscovered wonders.

©Mariette du Toit, 2018, Skeleton Coast

Ek wonder hoeveel dinge daar diep onder die water is, waarvan ons nog nooit gehoor het nie, of nog nooit gesien het. Toe ek jonger was, het die Loch Ness Monster my totaal en al fassineer. Maar vandag wonder ek oor die monsters in die see – wat is daar wat ons nog nooit gesien het nie. Wat ek sou gee om te kon uitvind…

I have to admit, it amazes me every single time that I find a tree growing out between rocks, or little stream emerging from the sand. But what amazes me the most is a plant that can grow in the dunes.

Dunes? How on earth? It is a hostile environment to say the least, the rain is less than nothing and the heat ridiculous. And yet… here they are.

© Mariette du Toit, 2018, Namib Desert

Ek moet erken, plante wat net uit niks uit groei, fassineer my eindeloos! ‘n Wilde vy wat so kronkel-kronkel tussen die rotse uit, ‘n stroompie water wat sommer hier op die oopgrond begin vorm en dan enige plant in die woestyn. Hoe op dees aarde?

Ek meen, duine sand is nou nie juis ideaal vir plante nie. Dis onmoontlik warm, die kondisies verander die heeltyd, geen reën… en tog is daar lewe in die woestyn.

And since we started yesterday with the dead… (shipwrecks), let’s continue with this shot..

I found this skull while busy with a family photo session on the beach between Henties and Jakkalsputz. Not sure what it is, but someone suggested dog or jackal?

Life in the desert is not easy.

©Mariette du Toit, 2018 – Skull

Ons bly by die dooies hierdie naweek. Was darem nie beplan nie, het net so uitgewerk.

Amper op hierdie skedeltjie getrap tydens ‘n familie-foto sessie tussen Henties en Jakkalsputz. Iemand het voorgestel dis dalk ‘n jakkals of ‘n hondjie wat dit nie gemaak het nie. Ek is nou nie ‘n kenner nie, maar ‘n skedel is dit beslis.

Heerlike Sondag almal!

I love these boat cruises as it offers the chance to get closer to what our mere folks without fins and feathers will never see. Birds, whales, fish that otherwise will not be easy to spot or photograph. It is for this reason that I will take our boy onto these cruises for years to come as I still prefer the wild to anything in a cage or pool. But the environmentalist in me cannot help but wonder if all these things we do to attract the wild is good for the wild? And do we do it to help the wild or to attract people?

Food for thought but something we’ll have to think about before it is too late.

Boat leaving the Walvisbay Harbour, 2018

My liefde vir bote en hierdie boot trippies het ek al deurgegee omdat dit ons as mens die kans gun om naby aan vis en voël te kom wat ons nooit anders sou kon nie. Ons kan nou die sonvis, walvis en pikkewyn afneem sonder om hul te veel te steur en dit soms van baie naby. Ek sal sover moontlik ons seuntjie op hierdie bote vat om dit ook te beleef vir solank, want om ‘n dier so in die natuur te sien bly beter as om een in ‘n hok of groot swembad te sien. Maar soms wonder ek of ons die wild en natuur ‘n guns doen om hul so te voer? En doen ons dit vir hul onthalwe of om mense te vermaak? Wat is die lang termyn gevolge van dit?

Iets om oor na te dink as ons die volgende keer op die boot gaan en hierdie prag foto’s neem.