A lot of people, when they visit Namibia, want to visit during the winter because of the cooler weather. But also because when they think wet season, they think European rain… weeks, days of endless down pouring. Grey, dim light and no sunshine. But in Namibia it doesn’t rain like that.

We have one awesome build it up towards rain. Massive big white clouds that loom and just get bigger and bigger. Thunder-and-lightning displays that shoots shivers down your back. And then, when the rain starts hitting the ground; big fat drops that sounds like rocks on the roof. It pours. Sometimes for only ten minutes. Sometimes for three hours or more.

When it stops, the whole earth comes to life. And the smell. Oh my word, the smell. There is no apt word to describe the African earth after the rain. If only I could bottle that smell, I would be a millionaire!

©Mariette du Toit, 2009 – Etosha National Park

Baie toekomstige toeriste maak seker hulle besoek Namibië in die winter wanneer dit koeler is en ek verstaan dit, maar baie besoek ons in die winter omdat die somer Namibië se nat-seisoen is. Buitelanders dink aan reën as weke, dae van grou, nat weer. Reën wat net nooit ophou nie en mens tot die huis verban.

In Namibië lyk die reën ietwat anders. Die wolke bou vir ure op. Sulke dik, wit wolke wat dreig om alles oor te neem. En as hulle genoeg saamgepak het, en die donderweer en weerlig span saam om een van die grootste skouspele ter aarde te gee, dan bliksem die hoendervleis uit my uit. Die druppels wat dan begin val, betree nie die aarde saggies soos ‘n trapsuutjie nie. Die stort soos klippe op die aarde neer en dit maak alles nat van bo tot onder. Dit gooi. (Ons praat ook van dit reën ou tannies met stok kierries, maar hierdie sal net sin maak as jy dit beleef). Soms reën dit skaars vyf minute, soms langer as drie ure. As dit dan sou ophou, kom die hele aarde tot lewe. En die reuk….

Die reuk van Afrika reën. Daar is net mooi geen woord of versameling daarvan, wat dit kan beskryf nie. As ek net die reuk sou kon bottel, was ek dan ‘n millionêr!

As dit net weer wil reën.

I love these boat cruises as it offers the chance to get closer to what our mere folks without fins and feathers will never see. Birds, whales, fish that otherwise will not be easy to spot or photograph. It is for this reason that I will take our boy onto these cruises for years to come as I still prefer the wild to anything in a cage or pool. But the environmentalist in me cannot help but wonder if all these things we do to attract the wild is good for the wild? And do we do it to help the wild or to attract people?

Food for thought but something we’ll have to think about before it is too late.

Boat leaving the Walvisbay Harbour, 2018

My liefde vir bote en hierdie boot trippies het ek al deurgegee omdat dit ons as mens die kans gun om naby aan vis en voël te kom wat ons nooit anders sou kon nie. Ons kan nou die sonvis, walvis en pikkewyn afneem sonder om hul te veel te steur en dit soms van baie naby. Ek sal sover moontlik ons seuntjie op hierdie bote vat om dit ook te beleef vir solank, want om ‘n dier so in die natuur te sien bly beter as om een in ‘n hok of groot swembad te sien. Maar soms wonder ek of ons die wild en natuur ‘n guns doen om hul so te voer? En doen ons dit vir hul onthalwe of om mense te vermaak? Wat is die lang termyn gevolge van dit?

Iets om oor na te dink as ons die volgende keer op die boot gaan en hierdie prag foto’s neem.