No Glasses Needed

emdtphotography_namibia_landscape-photography

A Green Sunset

emdtphotography_namibia_landscape-photography

Boskamp

Op kort kennisgewing besluit die manne om te gaan jag. Ons vrouens keer nie te hard nie, maar wonder hardop of dit dan nou so slim is met die aankomende reën?

“Nee, daar waar ons gaan jag, reën dit nooit. Ons sal reg wees, dankie.”

“Jy genoeg warmgoed?” vra ek.

“Ja nee, ekt my baadjie ingepak, ek sal reg wees.”

Vrydag oggend hier van drie-uur af begin dit rondrol. Teen vier-uur is ek dankbaar die wekker gaan af. Half-ses kom stop die bakkie hier. Hulle pak stil, maar teen hierdie tyd is my lus vir koffie so groot, ek staan ook maar op. Hulle vertrek, reg vir hul “jag naweek” in die bosse.

Om getroud te wees met ‘n man van bitter min woorde, kan partykeer nogal stil wees. Ek besluit toe maar, so tussen die gepakkery deur, om my kamera saam te stuur. Dalk, as ek nou nie kampvuurstories kry nie, kan ek dan na die fotos kyk.

Vol hoop laai ek vanoggend die fotos af en besef met ‘n swaar hart, my plan is gefnuik. Die kamera het in die kamp agter gebly en is weer onthou oppad huis toe – om darem net vir vroulief iets te wys.

Hier dan, so ‘n paar grepe uit ‘n man se oogpunt.

emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography emdtphotography_namibia_landscape-photography

%d bloggers like this: